Menu
Defy Appliances / Defy South Africa

Defy Appliances / Defy South Africa review: Defy chest freezer

M
Author of the review
9:36 am EST
Featured review
This review was chosen algorithmically as the most valued customer feedback.

MODEL CF 210-HC

Serial number [protected]

Na aankope op die 19de Junie 2023 by Handy House Furniture het ons waargeneem dat deepfreeze geen castors/wiele het nie. Daar is 'n klag ingedien deur die verkoper. Defy het Henley Defy technician uitgestuur om te kom kyk. Met sy 2de besoek het hy castors saamgebring wat bestel is. En eers maande later die 14de November 2023 is regte castors opgesit. Hierdie is klagte nr 1. Hoe vervaardig julle 'n deepfreeze sonder wiele. My vorige deepfreeze wat ek gekoop het, het wiele.

Klagte nr 2. Die binnekant van die bogenoemde deepfreeze is van uiterste swak kwaliteit gemaak. Weet nie wat onder die blink materiaal is nie, maar die geringste stampie dan is daar 'n duik, of val daar net 'n ertjie of twee uit en daar word 'n pak vleis op neergesit, dan druk daar 'n merk. Ek het op Marketplace na foto's gekyk en kon nie verstaan waarom die mense se deepfreezers so vol merke is binne nie. Tot ek self myne gekoop het. En al word daar versigtig goed ingepak, deepfreeze kry gou merk aan die binnekant. Val 'n pakkie vleis net per ongeluk van die ander af op vloer is daar 'n duik in.

Ek is so bitter teleurgesteld aan die kwaliteit van die nuwe freezers binne. Glad nie user friendly en beskadig met die geringste stampie. Hoekom kon jul binnekant nie hou soos die vorige deepfreezers van net plein wit plastiek binne is nie. Ek het een al vir baie jare en lyk nog nuut binne, goeie kwaliteit nog. So spyt ek het hierdie deepfreeze gekoop. Nooit gedink die kwaliteit binne is so swak nie. Is daar dan foam/polystirene onder die blink materiaal.

Voel ek het my geld gemors. Deepfreeze skaars 6 maande oud en lyk lelik binne, al word daar hoe versigtig verpakking binne gedoen. Binnekant lyk mooi met die blink silver, maar wat help dit as kwaliteit so swak is.

Groete Cornelia Myburgh

0 comments
Add a comment

Learn how the rating is calculated

Write a review File a complaint

Defy Appliances / Defy South Africa contacts

Phone number
Website
defy.co.za
Category

Most discussed Defy Appliances / Defy South Africa complaints

job 5121148
6
(opinions to this review)