The most trusted and popular consumer complaints website
Explore your opportunities! Create an account or Sign In

Shoprite Valhalla / bad attitude

1 Pretoria, South Africa
Contact information:
Phone: 082 547 1554

Ek wou betaal maar die kasier was baie ongeskik. Linda Maluleka het nie eers moeite gedoen om my te groet nie net met die vinger gewys op 'n stukkie papier wat langs die till vas geplak is. "Cash Only" Linda het nie eers moeite gedoen om my behoorlik in kennis te stel dat sy net kontant vat nie. Ek het kontant by my gehad maar ek het my so vererg dat ek na 'n ander till gegaan het. Dit is nie die eerste keer dat Linda Maluleka so 'n houding teenoor my het nie. (Jammer teenoor alle kliënte). Sy het die houding sy doen jou 'n guns om jou te bedien. Dan het ek nog 'n probleem sodra die krag afgaan moet jy tot 20 minute wag voor die tille aangaan om te kan betaal. Ek glo daar moet bietjie ook gekyk word na die kaart stelsel. 2 Weke terug was die stelsel af en al wat almal vir al die kliënte sê "Sorry this is a nationwide problem" Pay cash or we can't help you. 'n Dame met 'n petrolium kaart is net aan haar gesê betaal kontant. Daar is 'n absolute slap houding in die winkel. Ek het eers in Wierda Park Centurion area gebly en nou het ek Valhalla toe getrek en die diens daar is absoluut swak. As ek moet dink aan die verskil tussen die 2 winkels kan ek nie glo Valhalla Shoprite laat julle naam so deur die modder sleep nie. Dit stel die teenoorgestelde van wat julle adverteer.

Dr
Apr 27, 2015

Post your comment