Menu
Builders Warehouse

Builders Warehouse review: Plumbing afdeling

S
Author of the review
6:26 am EST
Verified customer This complaint was posted by a verified customer. Learn more

Ek het Desember 'n toiletsitplek gekoop vanR320. Verlede week toe breek een van die "brackets". Ongelukkig het ek my strokie weg gegooi aangesien ek werklik nie gedink het die "brackets" net twee maande gaan hou nie! Ek toe na Builders George waar ek toe "brackets" koop, maar dit pas toe nie op toiletsitplek nie! Gaan toe terug en vra of hulle dalk v ons van die regtes kan kry? Dinsdag 18/2 Los ek my naam en telefoon nr. by Ronnie wat die "supplier" sal kontak om te hoor of hulle ons kan help met korrekte "brackets". Teen Donderdag kontak en Builders aangesien ek nog niks van Ronnie gehoor het nie. Kry Geen reaksie want niemand tel glo die telefoon op nie. Vandag, Sondag, 23/2 ry ek na Builders George. Ronnie nie daar en Senzo help my! Hy gaan roep die bestuur der, wat nooit sy gesig gewys het nie - slegs boodskap van bestuur der - Glo mnr Garnet om "brackets" van nuwe toiletsitplek wat op rak is af te haal en vir my te gee! Regtig? Haal af van nuwe sit plek? Waarom nie sommer die hele ding vervang en almal al die drama spaar nie?
Ek is regtig verskriklik teleurgestel in die manier waarop hulle my behandel het! So asof niemand lus is om my navraag te hanteer nie! Dis kommerwekkend, veral in vandag se ekonomiese klimaat! Hoop regtig u sal die saak verder neem! Baie dankie! Suezette Snyman

0 comments
Add a comment

Learn how the rating is calculated

Write a review File a complaint

Builders Warehouse contacts

Phone number
Website
www.builders.co.za
Category

Most discussed Builders Warehouse complaints

bad service
1
(opinions to this review)