SUBMIT A COMPLAINT

Lammers garageCAR IN FOR REPAIR AND NOT FIXED AFTER 3 MONTHS NOW

1

Goeie dag Beeld,
Ek sit in ‘n uiterste panarie en ek weet nie meer herwaarts of derwaarts nie:

Ek het my BMW 320 D (GROEN, LGR 507 GP) in Januarie 2012 laat herstel by Lammersgarage in Van der Hoffweg, Pretoria – Tuine:

Op 16 Mei 2012 het die kar weer gebreek met dieselfde probleem – “High pressure fuel pump”. Ons het die eienaar gaan spreek, want die kar was nog onder waarborg, en hy het gesê dat hy na die kar sal “kyk”.
Ons het toe besluit om self die kar in te sleep om kostes te bespaar - op die 18de Mei 2012.

En sederdien staan die kar daar – en niks word aan die motor gedoen nie – die 18de Augustus sal dit nou drie maande wees.
Ek het gister vir die laaste keer met die eienaar – Wimpie – gepraat en hy het WEEREENS bevestig dat hulle ‘n ander “High pressure fuel pump” gaan insit en dat ek die motor gisteraand sal kan kom afhaal. – die kar staan dik onder die stof en ander motors se parte word in my motor gegooi. Die “lighter” – oa – is al weg.

Wimpie het elke keer ‘n ander storie wanneer ek hom skakel.

Ek is ook bang dat wanneer ek die motor netso sal gaan haal, dat daar dalk ander parte ook weg sal wees.

EK IS REGTIG RAADOP EN BANG DAT WANNEER HY GAAN UITVIND DAT EK MY TOT BEELD GEWEND HET, HY DALK MY KAR MEER SKADE SAL AANRIG.

IS DAAR REGTIG GEEN WET WAT MY HIERTEEN BESKERM NIE?

VOLGENDE KEER AS EK DAAR KOM, IS DIE KAR DALK VERKOOP OF HEELTEMAL UITMEKAAR GEHAAL!


HELP AUB!!!

Tina human

SEL [protected]

Responses

  • St
    stephan123 Jun 20, 2013

    Goeie naand.Ons is besig om n klagstaat op te stel en dit by die RMI in te handig.Ek het ook n stel af getrap met Wimpie.Hy is geheel en al onprofesioneel en gee nie om as jy terug kom nie.Hy het mos alreeds sy geld gekry.Sy ontvangs dames is net so ongeskik en onprofesioneel.Daar word net heeltyd gelieg sodat jy nie met hom moet praat nie.Ek raai jou aan om die RMI te kontak.Hulle sal vir jou die nodige dokumente aanstuur sodat jy ook n klag kan le.Hoe meer van ons dit doen hoe vinniger maak ons sy besigheid toe.Ek is moeg dat mense my indoen en dit lyk of dit sy spsialiteit is.

    0 Votes

Post your comment