SUBMIT A COMPLAINT

Take a Lot / oztrail sun deluxe lounger - blue/grey

Goeiedag

ORDER ID: [protected]

Nou skryf ek maar ‘n epos omdat Take a Lot my nie telefonies kan help nie.

Die items wat ek bestel en betaal het is nie dieselfde as wat ek ontvang het nie.

Jesse Abrahams het my gehelp om dit terug te laat stuur maar na 3 dae is die verkeerde items nog nie afgehaal nie. Jesse Abrahams ken die hele storie ivm die verkeerde items wat afgelewer is.

Hoe langer Take a Lot vat om die verkeerde produk te kom af haal hoe langer gaan dit vat om my terug te betaal.

Dit is die swakste diens en aankope wat ek nog by enige firma ontvang het!!!

Indien die stoele nie teen, Dinsdag 3 Oktober afgehaal is nie gaan ek die saak na die Ombudsman verwys vir verdere optrede en ondersoek.

Ook verwag ek van Take a Lot om, sonder enige verdere versuim of ondersoeke, my onmiddelik terug te betaal.

Wys my nou goeie kliënte diens van Take a Lot, en betaal my vandag nog terug, ongeag of die verkeerde items afgehaal of ondersoek is. Ek het fotos ge-epos van die verkeerde items.

Kontak my asb by [protected].

Dirk

Dc
Oct 02, 2017

Post your comment