SUBMIT A COMPLAINT

Defy / defy fridge

Middelburg Mpumalanga, ZA

Goeie dag.

Ek het so amper 2 jaar terug 'n yskas van julle gekoop by (Discount Furnishers, Middelburg, Mpumalanga). In die amper 2 jaar is my yskas al 4 keer vervang weens foute. Ek het 2 weke terug geskakel om 'n tegnikus uit te stuur omdat my yskas nie meer koud maak nie. Die tegnikus het toe uitgekom en nuwe gas in ons yskas gesit, hy tel toe op dat daar verder fout is met ons yskas en boek toe 'n call dat hulle ons yskas moet kom optel om fabriek toe te vat.
Die Fabriekbestuurder skakel toe my man vanoggend en se hulle kan nie die fout regmaak nie en dat hulle ons yskas moet vervang.
Omdat ons yskas "ge discontinue" is moet hulle dus vir ons 'n nuwer model gee en wil nou he ek moet R1500 inbetaal.

Ek is bitter ongelukkig as klient en voel dit is nie my skuld dat die model "ge discontinue" is nie en dat die fout 'n fabrieksfout is en nie iets wat ek gedoen het om my yskas te beskadig nie.

Ek sal dit waardeer as iemand my kan terugskakel i.v.m. die situatsie.
Ek gaan nie inbetaal nie en sal die saak verder vat as ek moet.

La
Dec 06, 2016

Post your comment